Binnekring van spookasems

Binnekring van spookasems

Stories oor die lewe

Format
Paperback
Type
Book
Genre
Humor
Country
South Africa
Language
Afrikaans
Date
October 2014
OCLC number
911173681
ISBN
978-1-86842-626-3
Dimensions
148 mm × 210 mm
Pages
208

Herman Lategan is ’n flaneur van seepunt. Wanneer hy voetslaan in die strate is hy ’n toeris in die demi-monde – ’n landskap van vlees en bloed.

Hy swerf tussen bergies, dwergies, fopdossers, kerkmuise, nagblomme, laventelhane en ontheemdes. Hy lê die mens en homself tot op die been bloot.

Die karakters in sy stories, almal ongelooflik en eg, is almal van ons. Vroue wat swaar dra aan die verlies van blink verledes. Jong mans wat kaalbolyf dagga rook in Houtbaai, waar die “skyn van voorstedelike rustigheid” die res van ons flous, maar nie vir Herman nie, want hy sien onder die oppervlak “gluip iets wilds, soms sinister, maar ook opwindend.” Hy het ’n oog vir wat fout en uit plek en koddig en belaglik en mooi is, en vir wat snaaks en bisar is.

Lesers van Rapport het lank gevra vir ’n versameling van die beste rubrieke uit Herman se weeklikse Woorde wat Wip. Hier ís hulle nou, oordeelkundig gekeur deur Amanda Botha. As pasella is daar ’n tweede afdeling: ’n poespas van sy sielvolle, melancholiese stories.

Danksy sy eiesoortige taalgevoel, verontrustende derde oog, aweregse blik op randeiers, en fyn humoristiese vergrootglas op die lewe, is elke vinjet ’n chiaroscuro van sonlig en donkermaan. Hierdie tydlose bundel kan jy stadig en sorgsaam soos ’n literêre smulpaap verorber. Lanklaas was daar sulke eensame beskrywings van die mens se oerverlange.

Found a mistake?

This site contains images of an explicit sexual nature.

Are you at least 18 years of age, or the age of majority in the jurisdiction you are accessing this site from, and do you consent to viewing artwork containing sexual imagery?